Selfstandige student, behep met finansiële onafhanklikheid, maar opgeslurp deur sy vooroordeel teen ryk mense.
Wimpie Berg maak ook foute. Hy is té ordentlik en té aantreklik met sy ferm ken en spiere wat nie onder klere kan wegkruip nie. Marien Veens se blink oë en breë glimlag hou hom gevange langs ’n Mosambiekse tronk.
Haar aantrekkingskrag en warmte oorrompel hom. Radeloos kyk hy toe hoe sy die hitte tussen hulle aanblaas. Liefde is gevaarlik. Dodelik. Sonder remme tuimel hy in ’n salige verhouding in, totdat Riekert se venynigheid alles beduiwel. Wimpie se eiesinnigheid dryf hulle uitmekaar. Dis jy wat ons toekoms weggooi, nie die mal man nie. Marien verkas landuit.
Gaan sy troos vind in die Ier se arms, terwyl Wimpie sy self-verwyte moet trotseer?
Ryk Armgat by Elsabe Welman
Ryk Armgat by Elsabe Welman