
20 jaar se Avontuur Reisverhaal.
Van die Kalahari tot die oerwoud, 'n asemrowende 20 jaar reis deur 12 lande vol gevaar, avontuur en vreemde tradisies.
Memoires van 'n Gatkruiper deur Hennie Greeff
Memoires van 'n Gatkruiper deur Hennie Greeff
Our returns policy for book purchases allows customers to cancel their orders for a full refund before the order is placed. Once the books are received, orders may be refunded in the form of store credit, provided the books are in mint condition. We kindly ask customers to inspect the received books promptly and contact our customer service within the specified timeframe for any concerns. This policy aims to ensure customer satisfaction and a hassle-free experience with our book purchases.
Our shipping policy emphasizes the efficiency of our book supply chain. As we do not keep books on the premises, we order them directly from publishers to offer a diverse selection. Upon placing an order, customers will receive an estimated time of arrival (ETA), typically ranging from 10 to 14 working days. Please note that ETA may vary, especially during high-demand periods such as the educational season. We appreciate your understanding and assure you that we are committed to providing timely and quality deliveries to enhance your reading experience.
- 10-14 Working days
Afgetrede Tonnel-ingenieur wat 20 jaar oorsee in 12 verskillende lande in afgeleë areas gewerk het. Hy was ook Inwonende Ingenieur op die Lesotho en Gautrein tonnels.
Hennie Greeff is ’n geoloog wat op Maties afstudeer het. Hy is gebore in die Kalahari en het op elfjarige ouderdom na Kaapstad verhuis. Daar het hy aan die voet van Tafelberg grootgeword.
Sy loopbaan in tonnelbou het begin by die Drakensberg Pompbergingskema naby Bergville in Natal. Dit was daar waar hy vir Annabelle ontmoet het, met wie hy ses maande later getroud is nadat hy na Welkom verhuis het om op die goudmyne te werk.
Ná tien jaar het hulle Klerksdorp verruil vir die Lesotho Hoogland-waterprojek. Ses jaar later het Hongkong hul eerste internasionale basis geword. Van daar het hul lewensreis hulle na afgeleë gebiede in lande soos die Filippyne, Indonesië (Noord-Sulawesi en Sumatra), Chili, Peru en Taiwan geneem.
Hulle het weer na Indonesië teruggekeer, dié keer na Suid-Sulawesi, gevolg deur Suid-Korea en uiteindelik Katar. Tussendeur het die egpaar gereeld na Suid-Afrika teruggekeer, onder meer vir ’n tydperk in Sandton waar Hennie as Inwonende Ingenieur (R.E.) op die Gautrein-tonnels gewerk het.
In sy boek vertel hy van hul ervaringe met uiteenlopende kulture, vreemde geregte en unieke gebruike. Hy deel die avonture wat hulle in afgeleë en soms selfs vyandige omgewings beleef het – plekke wat min mense ooit die voorreg het om te ervaar.Gatkruiper bied ’n boeiende blik op die wêreld van tonnelbou, internasionale avontuur en die buitengewone ervarings van ’n Suid-Afrikaanse egpaar wat die wêreld deurkruis het op soek na nuwe uitdagings.




























