Mooiloop deur Gerjo Ben is ’n persoonlike geloofsreis wat begin het met eenvoudige oggendstiltetye en gegroei het tot ’n diep, eerlike refleksie oor God se Woord. Wat begin het as ’n persoonlike soeke na verstaan, het ontwikkel in ’n pad van groei, ontdekking en ’n nuwe manier van leef.
Die Bybelstudies in hierdie boek fokus op Paulus se briewe: 1 en 2 Timoteus, Titus, Filemon en Hebreërs. Dit word verryk met kruisverwysings en vrae wat help om dieper oor die Skrif na te dink. Dit maak Mooiloop ideaal vir bybelstudiegroepe, maar ook vir persoonlike Bybelstudie.
Met toeganklike taal en eerlike insigte wys die boek hoe die lees en neerskryf van Skrifgedeeltes nie net begrip bring nie, maar jou lewe begin verander. Hierdie boek is nie oorspronklik met die leser in gedagte geskryf nie, maar juis daarom tref dit so diep. Dit is eg, rou en opreg.
Lesers word uitgenooi om saam te stap, saam te ontdek en self te groei in hul verhouding met God. Mooiloop is uiteindelik ’n uitnodiging om nie net self mooier deur die lewe te loop nie, maar ook ander te help om dieselfde te doen.
Mooiloop Deur Gerjo Ben van der Merwe
Mooiloop Deur Gerjo Ben van der Merwe















