top of page

Hou aan Loop is ’n inspirerende dagstukkieboek vir enigiemand wat op soek is na dieper geestelike insig en praktiese leiding vir elke dag. Deur vers vir vers saam met Paulus deur Efesiërs, Filippense, Kolossense en 1 en 2 Tessalonisense te stap, word God se Woord op ’n eerlike en toeganklike manier oopgemaak. 

 

Met jare se ervaring in die boerdery en korporatiewe wêreld bring Gerjo Ben ’n egte en praktiese perspektief op die uitdagings van die lewe en die moeilike keuses wat ons daagliks moet maak. Hierdie boek help jou om by die kruispaaie van die lewe rigting te vind en met groter sekerheid vorentoe te beweeg. 

 

Met 366 dagstukke, elk met ’n oordenking, gebed, vrae en verdere Skrifgedeeltes, is dit ’n waardevolle metgesel vir jou geloofsreis. 

 

’n Uitnodiging om aan te hou loop, maak nie saak wat nie. 

Hou aan loop Deur Gerjo Ben van der Merwe

SKU: 9781990968549
R200.00Price
Quantity
  • Hou aan loop Deur Gerjo Ben van der Merwe

bottom of page