top of page
Publikasiedatum: 16 February 2024

 

Helene de Kock Keur 9 sluit twee romans, ’n novelle en twee kort
liefdesverhale in.
In ’n Tyd om lief te hê keer Marina Joubert en haar seuntjie uit
Griekeland terug na haar geboortedorp in die Vrystaat. Sal die
konserwatiewe dorpsmense Marina ooit vergewe vir die fout wat sy
jare gelede begaan het?
In Lelie van die laagte sorg die jong predikant Mia Dijkstra vir haar
suster, Karien, al is haar inkomste maar skraps. Dis ’n uitkoms as
hulle by hul tante kan gaan bly, maar eers moet Mia ’n ruk lank as
kelnerin in ’n restaurant werk. En sy moet vrede maak met die feit dat
sy moet blom waar sy geplant is.
In die novelle Die skadubelofte keer dokter Pierre Greeff na jare se
studie uit die buiteland terug om hom op sy tuisdorp te vestig. Maar
dit lyk asof hy heeltemal vergeet het van Madel, wat saam met hom in
matriek was en aan wie hy ’n belofte afgelê het.

Oor die skrywer
Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteite
van Pretoria en Noordwes gestudeer, en aan verskeie konservatoria
onderrig in sang ontvang. Helene het ’n PhD in skryfkuns en is 'n lid
van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf
voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen
verskyn.

Helene de Kock Keur 9: ’n Tyd om lief te hê, Lelie van die laagte, Skadubelofte

SKU: 9780798183994
R370,00Price
    bottom of page