top of page

Does Afrikaans seem like a foreign language to you? Dis mos nou Afrikaans! takes you on a journey from grade 8 to 12 to master Afrikaans First Additional Language and pass Matric Afrikaans with flying colours. Comprehensive and user-friendly, this book can be used by both teachers and learners. The authors have more than 50 years' combined experience of teaching Afrikaans and 11 years of marking NSC papers. 

 

--

 

Voel Afrikaans soms vir jou soos 'n vreemde taal? Dis mos nou
Afrikaans! neem jou vanaf graad 8 tot graad 12 op 'n reis om
Afrikaans Eerste Addisionele Taal te bemeester, sodat jy die finale
matriekeksamen met vlieënde vaandels kan slaag. Die boek is 'n
omvattende, gebruikersvriendelike naslaanbron wat deur sowel
onderwysers as leerders gebruik kan word. Die skrywers het saam
meer as 50 jaar ervaring van Afrikaans EAT-onderrig en 11 jaar as
nasieners in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die afdelings
word prakties ingedeel volgens die vraestelle wat leerders in die
NSS-eksamen skryf. Vraestel 1: Leesbegrip, opsomming en taal.
Vraestel 2: Letterkunde. Vraestel 3: Kreatiewe en transaksionele
skryf. Vraestel 4: Mondeling. Verder is daar woordeskatlyste en
wenke oor hoe om sleutelwoorde in vrae te herken.
 

Oor die skrywers
Henriette Turner was 20 jaar lank Afrikaansvakhoof by een van die
beste Engelsmedium staatskole in die land. Sy woon saam met haar
man, Dave, en lieflingkat, Loesjke, in Rondebosch in ’n gesellige
kothuis vol boeke, plante, kerse en kleurvolle kunswerke.
Suneen Laing is ’n kreatiewe, leergierige digitale foendie met ’n groot
liefde vir Afrikaans, geskiedenis, reis, lees, fantasie-films en haar
boerboelkind, Zuri. Sy dien tans as vise-hoof en Hoof van Media van
haar skool. Sy woon in Rondebosch.
 

Reklame
Artikel op Afrikaans.com en Maroela media; Promosie in NB Skole se
nuusbrief en sosiale media veldtog; dekking deur verskeie
smaakmakers aanlyn en resensies of lesersindrukke deur
onderwysers of leerders.

Dis mos nou Afrikaans! Best Books Handbook & Study Guide (Grade 8 to 12 FAL)

SKU: 9781776073740
R376,00 Regular Price
R319,60Sale Price
    bottom of page