Publikasiedatum: 16 February 2024 |
Helene de Kock Keur 9 sluit twee romans, ’n novelle en twee kort liefdesverhale in. In ’n Tyd om lief te hê keer Marina Joubert en haar seuntjie uit Griekeland terug na haar geboortedorp in die Vrystaat. Sal die konserwatiewe dorpsmense Marina ooit vergewe vir die fout wat sy jare gelede begaan het? In Lelie van die laagte sorg die jong predikant Mia Dijkstra vir haar suster, Karien, al is haar inkomste maar skraps. Dis ’n uitkoms as hulle by hul tante kan gaan bly, maar eers moet Mia ’n ruk lank as kelnerin in ’n restaurant werk. En sy moet vrede maak met die feit dat sy moet blom waar sy geplant is. In die novelle Die skadubelofte keer dokter Pierre Greeff na jare se studie uit die buiteland terug om hom op sy tuisdorp te vestig. Maar dit lyk asof hy heeltemal vergeet het van Madel, wat saam met hom in matriek was en aan wie hy ’n belofte afgelê het. Oor die skrywer Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteite van Pretoria en Noordwes gestudeer, en aan verskeie konservatoria onderrig in sang ontvang. Helene het ’n PhD in skryfkuns en is 'n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn. |
Helene de Kock Keur 9: ’n Tyd om lief te hê, Lelie van die laagte, Skadubelofte
SKU: 9780798183994
R370,00Price
- Helene de Kock Keur 9: ’n Tyd om lief te hê, Lelie van die laagte, Skadubelofte